Diane Marx

Direkteur van Personeelbestuur Administrasie


Diane Marx.jpg

Diane Marx het ‘n wye agtergrond in Personeelbestuur, Salaris rekeninge, Rekeningkunde, Kantoor bestuur, Projek Bestuur, Inligtingstegnologie en kleinhandel verkope en bestuur wat haar ‘n goeie aanwins tot Die Ferndale Realty Group maak. Deur die loop van haar loopbaan was Me. Marx ‘n sleutel bydraer tot die groei en sukses van organisasies in beide die nie-winsgewende en winsgewende sektore, en het sy vêrreikende bydrae gelewer met haar leierskap en operasionele kennis gefokus op ‘n verskeidenheid personeelbestuur en ander aktiwiteite.

Diane het ‘n sertifikaat in Personeelbestuur by DePaul Universiteit verwerf asook ‘n addisionele Senior sertifikaat in Professionele Personeelbestuur en is gesertifiseer deur die Assosiasie van Personeelbestuur. As lewenslange Christen, verhuis Diane in 2009 na Colorado en raak vinnig betrokke as ondersteuner van die Denver Broncos®. Sy geniet ook staptogte, bergklim, sneeu staptogte, fietsry, driekamp asook fondsinsameling vir plaaslike veilige huisvesting in die Denver / Boulder area.