ALON Yonatan

Voorsitter en Hoof Uitvoerende Beampte


Ferndale_AlonYonaton_068crop.jpg

Alon Yonatan, Voorsitter en Hoof Uitvoerende Beampte van Die Ferndale Realty Group het die maatskappy oorspronklik aan die einde van 2000 gestig. Mnr. Yonatan, ‘n hoogs erkende uitvoerende bestuurder in die eiendomsmark, is gebaseer in die Chicago en Boulder areas vir meer as 20 jaar. Hy is ‘n gelisensieerde eiendomsbestuur agent in Illinois en besit ‘n eiendoms lisensie in heelwat ander state. Hy lewer ‘n onmeetbare bydrae tot die maatskappy met sy ervaring in die eiendomsmark, finansiële en bestuur areas asook sy agtergrond wat professionele ervaring met beide groot en klein organisasies in verskillende industrieë insluit. Hierdie ervaring sluit onder andere belegging verkope en navorsing by ‘n bekende nasionale eiendom beleggingsmaatskappy, herversekering met ‘n nasionale huislening maatskappy, bemarking vir ‘n klein sagteware maatskappy, bate bestuur by ‘n hoogs aangeskrewe nasionale beleggingsbank en verskeie senior bestuur rolle binne Die Ferndale Eiendomsgroep in.

Mnr. Yonatan is ‘n voormalige lid van die direksie van die “Chicagoland Apartment Association”, en het beide sy voorgraadse studies in Rekeningkunde en sy Meestersgraad in Bestuursinligting stelsels by die universiteit van Illinois in Chicago voltooi. Sy navorsing en analise oor die multi groep beleggingsmark is in plaaslike en nasionale publikasies gepubliseer insluitende die Chicago TribuneCrains Chicago BusinessMultifamily ExecutiveHeatland Real Estate Business, en Multifamily Housing News, en hy het individueel asook as deel van ‘n paneel sprekers verskyn by Die Marcus & Millichap Belegger SymposiumDie Waardasie Instituut Kondisies van die Chicago Eiendomsmark Seminaar, en Die REIA / SIOR Eiendom Konferensie. Mnr. Yonatan geniet dit om tyd saam met sy familie te spandeer buite werksure, asook om aan driekamp deel te neem wat kort afstande asook Ysterman afstande insluit. Hy is ook betrokke by verskeie filantropiese en gemeenskapsprojekte.